Wednesday 28: Editor's Choice: Beeld: Die dakke sal dit uitskreeu
2010-07-28

Die tweede Rooftop-uitstalling van die kurator Gordon Froud begin Saterdag in en om die galery van die Universiteit van Johannesburg.

Die eerste Rooftop-uitstalling was verlede jaar in Pretoria en daarna in die UJ-galery te sien.

Die werk van 48 Suid-Afrikaanse beeldhouers is in Rooftop II te sien – onder andere Lukas Thobejane, Marina Aguiar, Craig Muller, Patrick Jabour, Paul Boulitreau, Renier le Roux, Stephanie Fassler, Retief en Marilene van Wyk, Ruhan Janse van Rensburg, Richard Forbes, Ronit Judelman, Rosemarie Marriott, Rossouw van der Walt, Sanna Swart, Moses Seleko, St. John Fuller, John Hodgkiss, Steven Delport, Sybrand Wiechers, Isolde Krams, Robin Geduld en Zweletu Nanise.

Die uitstalling duur tot 28 Augustus. Die UJ-galery is op die Auckland Park-kampus van die Universiteit van Johannesburg.

Navrae: 011 559 2099

Image: Sybrand Wiechers se beeldhouwerk in staal Says I, een van die werke in Rooftop II in en om die UJ-galery in Johannesburg.




© 1999-2010 Global Art Information