Wednesday 28: Editor's Choice: Die Burger: SA kunsfotograwe gesog
2010-07-28

Bettie Lambrecht
Die medium maak die kunswerk... of nie? Gelukkig is daar gereeld uitdagende pro jekte wat hier die heersende houding in die plaaslike (Suid-Afrikaanse) kunsmark op die kop keer.

Die manier van sien, die konsep en vorm ge wing wat saam ’n gevoel of insig by die waarnemer wek – dít is wat tot die be naming kuns lei.

Die opvatting word nou weer geïllu streer deur die kunsfoto portefeulje van nege top-kuns fotograwe wat pas deur die Goodman-galery bekend gestel is. Nie in die vorm van ’n gepubliseerde boek nie, maar as ’n portefeulje van oorspronklike fotografiese drukke, elkeen deur die kunstenaar geteken.

Elkeen is deur die meesterdrukker Tony Meintjes op argivale veselgebaseerde en kleurvaste fotopapier gedruk. Elke fotodruk is ’n versamel-item uit eie reg, maar is as ’n versameling van sewe (twee pare kunstenaars het saam gewerk) onder een deksel uitgegee.

Die portefeulje, getiteld Inside Edition, is die eerste in ’n reeks wat deur die galery beplan word. Hierdie eerste sluit werk in van Mikhael Subotzky, Jodi Bieber, Adam Broomberg en Oliver ­Chanarin, Hassan en Husain Essop, David Goldblatt, Nontsikelelo Veleko en Sue Williamson.

“Die titel verwys na die ‘insider blik’ op ons land en mense, die idee dat kunstenaars ‘insiders’ is, dalk ook ‘sieners’ op ’n manier,” vertel Storm Janse van Rensburg, kurator van die Goodman-galery in Kaapstad.

Die bekendstelling onlangs het groot aandag getrek. Veral dat die portefeulje, teen ’n prys van R100000 hoofsaaklik aan oorsese kuns versame laars verkoop is. Dat kuns versamelaars vertroud met pryse wêreldwyd hierdie versame ling so gretig opraap, dui op hul vertroud heid met die ­internasionale kunsmark. Hulle weet ook ’n Goldblatt kos maklik R110000 vir ’n enkele werk van ­ongeveer A1-grootte, in ’n beperkte oplaag van tien drukke.

Dit beteken tien van daardie een werk mag gedruk word en word deur die kunstenaar ge teken. ­Subotzky se prys vir werke in ’n beperkte oplaag van vyf, teen dieselfde A1-grootte, is R60000.

Janse van Rensburg, in opdrag van Liza Essers, die eienaar van die Goodman-galery in Johannesburg, was verantwoordelik vir die keuse van die werke. Bronwyn Law-Viljoen het die bygaande teks geskryf. Waar die vertolking van ’n kunswerk ook in eie reg ’n kuns vorm is, dra die begeleidende teks ook by tot die versamel waarde. Law-Viljoen skryf ter sake en insig gewend oor die temas en hul plek in die poli tieke en sosiale geskiedenis van die land en die geskiedenis van ­fotografie. Sy lig die volgende uit: “Photography, more than any other medium in the visual arts, has been, in many ways, burdened with truth.”

Daarom dat die kuns foto grawe voor 1994 gestoei het met die hardheid en kompleksiteit van die apartheidstaat in dikwels eksplisiete skote. Ná 1994 het sake ver ander. Ander genres as die sosiaal-dokumentêr beskry wende soort foto’s word ontgin. Landskap en portret, binne die konteks van nou en toe, word vryer vertolk.

’n Mens sien byvoorbeeld hoe Adam Broomberg en Oli ver Chanarin die geskiedenis met hul kameras skryf in hul werk Section 4 – die tronkdeur waar agter Nelson Mandela in die Ou Fort aangehou is. Weg is die blatante geweld van vroeëre sosiaal-dokumentêre fotokuns. Die tronkdeur, gemerk met graffiti, dra selfs die este tiese bekoring van verwering.

Hierin lees ’n mens ’n terugkeer na van die doel stellings van die Modernisme. Totdat die titel jou in die geskiedenis van onderdrukking teruggryp. Maar nie sonder die gelyk tydige gevoel van bevryding nie. Konsep en uitvoering is perfek versmelt in hierdie meesterstuk – ’n waardige ­portefeulje wat fotografie as versamelstuk vooropstel.

Skakel die galery by 021 462 7573.

Image: KUNSFOTOGRAWE IN GOODMAN-GALERY: Section 4 van Adam Broomberg en Oliver Chanarin.




© 1999-2010 Global Art Information