Saturday 31: Editor's Choice: Beeld: Groot geld op spel in sement-beeldhou-stryd
2010-07-31

Pretoria Portland Cement (PPC) bied weer in samewerking met die Kunsvereniging Pretoria die PPC Young Concrete Sculptor-prys aan en beeldhouers kan tot 29 September inskryf.

Die PPC Young Concrete Sculptor-kompetisie is die enigste beeldhou-kompetisie in Suid-Afrika en het oor die afgelope 19?jaar tot een van die voorste kunskompetisies in die land ontwikkel. Deelnemers moet ouer as 18 wees en sement as medium gebruik.

Die “jong” in die titel van die kompetisie verwys na kunstenaars wat aan die begin van ’n kunsloopbaan staan.

Om kunstenaars wat nie vertroud is met die medium nie te help, bied PPC Cement jaarliks landwyd werksessies aan. PPC Cement se tegniese span en Kay Potts, voorsitter van die beoordelaarspaneel, bied dié sessies aan.

Die algehele prysgeld is R85 000, waarvan die kunstenaar met die beste beeldhouwerk R50 000, die naaswenner R25 000 en twee merietepryswenners elk R5 000 kry.

Die beoordelaarspaneel is op soek na werk wat getuig van tegniese en konseptuele vaardigheid en wat voldoen aan estetiese beginsels. Die wenwerke is dié met ’n fyn balans tussen tegniese vaardigheid, kreatiewe spel en respek vir die medium.

Foto’s van die werke moet saam met die inskrywings voorgelê word. Dit kan afgelewer word by die Kunsvereniging Pretoria, Mackiestraat 173, Nieu-Muckleneuk, of gestuur word na concretesculptor@ppc.co.za of artspta@mweb.co.za.

Nog inligting is beskikbaar by Nandi Hilliard by 012 346 3100, asook by www.ppc.co.za en www.artsassociationpta.co.za.




© 1999-2010 Global Art Information