Titia Ballot: Aktivis vir versoening
2008-07-06

In n onderhoud me the Burger koerant is aangekondig dat Titia Ballot pas met n erepenning deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer. Dit het nog
net twee ander grafiese kunstenaars te beurt geval: Katrine Harries in 1973 en Diane Victor in 2004.

Die kunstenaar se: “Ek het dit nie verwag nie, want dis hoe ek uit my belewenis my werk aanpak. Ek staan self krities teenoor my werk, en wat ek oordra, beleef ek intens”.

Sy vertel hoe sy geworstel het met begrippe op soek na hierdie bevryde identiteit om Mrikaan of Afrikaner te wees. “My werk is my enigste kommunikasiemiddel. Ons moet werk met ons stories hier in Afrika.” Ballot is nou met proteskuns besig. Sy protesteer teen vooroordele oor ons
gesamentlike verlede wat verdelend is.

Sy pleit In haar werk vir bevryding. Die seggingskrag van haar werk is versoenend, met die potensiaal om helend in te werk.




© 1999-2010 Global Art Information