SA's first art daily news Broadcaster { } Daily News at 09h30

 

WAAR KLANK EN KUNS ONTMOET
2012-06-29

BEELD: By Johan Myburgh. Die punt waar musiek en die visuele kunste ontmoet, is die fokus van die uitstalling Sounding Out, wat van Dinsdag tot 18 Julie in die Bag Factory in Fordsburg, Johannesburg, aangebied word.

Tesame met dié uitstalling is Neo Muyanga se verhoogwerk The Flower of Shembe in die Dance Factory in Johannesburg se Newtown. Die stuk is net vir twee aande te sien, op 6 en 7 Julie.

In Sounding Out bring die kurators Kim Gurney en Thato Mogotsi kunstenaars byeen wat musiek of klank as konsep of vergestalting in visuele kuns gebruik.

Benewens Muyunga sluit die lys in Sanell Aggenbach, Brendon Bussy, Lynette Bester, Gordon Froud, Jared Ginsburg, Josh Ginsburg, Nathan Jansen van Vuuren, Angie Mullins en João Orecchia.

In haar werk in Sounding Out maak Mullins gebruik van selfoon-opnames van wêreldwye sosiale protes wat sy omvorm in ’n klankinstallasie.

Sy het saam met Jansen van Vuu­ren ’n werk geskep, Mass Effect, waarin verwys word na massa-histerie.

Orecchia bied ’n klankinstallasie aan waarin hy tegnologies torring aan voorwerpe om “stil verhale” te vertel.

Dis juis die spanning tussen terughou en klank maak wat volgens Gurney soos ’n goue draad deur die uitstalling loop.

“Daar is ’n diepgaande spel met kommunikasie in die uitstalling aanwesig,” sê sy.

“Veral met betrekking tot die manier waarop ’n mens luister en dit wat jy hoor.”Read more




SA ARTLIFE | ARTTIMES TV | SA ART INFO DIRECTORY | ARCHIVES: / 06 / 07 / 08 / 09 / 10 / 11 / 12 | PAST PICS OF THE DAY  
Opinions and views published on this site (incl. PR) do not necessary represent the official viewpoint of the editor or staff.

© The South African Art Times is a member of the Global Art Information Group 1999-2013