SA's first art daily news Broadcaster { } Daily News at 09h30

 

‘OBSESSIEWE VERSAMELSIN’ WEN GEREKENDE PRYS
2012-07-20

BEELD: Elrie Joubert het die 2012 Absa L’Atelier-prys verower met haar installasiewerk Selective Unveiling.JOHAN MYBURG:Die wenners van die 2012 Absa L’Atelier-kunskompetisie is gisteraand in Johannesburg aangekondig.
Elrie Joubert het die Absa L’Atelier-prys gewen en Bambo Sibiya is aangewys as die wenner van die Gerard Sekoto-prys.

Joubert het haar R110 000-kontantprys verdien met ’n werk wat sy noem Selective Unveiling.
As deel van haar prys kry sy ook die geleentheid om ses maande te vertoef in die Cité Internationale des Arts in Parys, Frankryk.
Sibiya het met sy Mama Uyimbohodo II die Sekoto-prys van R60 000 verower en daarmee saam ook ’n kunstenaarsverblyf van drie maande in Parys gewen.
Joubert woon in Bloemfontein, waar sy ’n dosent in teken en die geskiedenis van grafiese ontwerp is. Sy het aan die Universiteit van die Vrystaat studeer.
Read more




SA ARTLIFE | ARTTIMES TV | SA ART INFO DIRECTORY | ARCHIVES: / 06 / 07 / 08 / 09 / 10 / 11 / 12 | PAST PICS OF THE DAY  
Opinions and views published on this site (incl. PR) do not necessary represent the official viewpoint of the editor or staff.

© The South African Art Times is a member of the Global Art Information Group 1999-2013