SA's first art daily news Broadcaster { } Daily News at 09h30

 

MONDAY 13: JOSHUA MILES WYS SY SEETONELE OP ONRUSRIVIER
2012-08-13

DIE BURGER: Die Overbergse kunstenaar Joshua Miles se solotentoonstelling het pas in die The Mission’s House Gallery in Onrusrivier geopen. Miles fokus in sy jongste werke op die see, wat hy as een van sy visuele passies bestempel danksy die spel van lig op water. Hy vind ook inspirasie vir sy landskappe in die natuurskoon van die Overberg en die Klein-Karoo. Hy is gebore en het grootgeword in die Wes-Kaap en het visuele kuns aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer. Miles en Niel Jonker is van die twaalf kunstenaars wat op 21 en 23 September vanjaar vir die Baardskeerdersbos-kunsroete hul ateljee vir die publiek oopmaak. Die kunswerke wat op die roete te sien is, is hoofsaaklik natuurtonele. Navrae: 00283162269 Read Source




SA ARTLIFE | ARTTIMES TV | SA ART INFO DIRECTORY | ARCHIVES: / 06 / 07 / 08 / 09 / 10 / 11 / 12 | PAST PICS OF THE DAY  
Opinions and views published on this site (incl. PR) do not necessary represent the official viewpoint of the editor or staff.

© The South African Art Times is a member of the Global Art Information Group 1999-2013