SA's first art daily news Broadcaster { } Daily News at 09h30

 

THURSDAY 16: DE SWARDT GAAN SY KUNS SLYP MET BEURS
2012-08-16

DIE BURGER: Stephanie Nieuwoudt. STELLENBOSCH. – Abri de Swardt, wat verlede jaar die rektorsprys vir uitnemende prestasie in die kunste en sosiale ­weten­skappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf het, het pas ook die Skye-stigting se studiebeurs ­losgeslaan. Die beurs dek al De Swardt se ­studie- en lewenskoste terwyl hy werk aan sy meestersgraad in die ­visuele ­kunste aan die Goldsmiths-universiteit in Londen. Sy studiejaar begin op 24 September. De Swardt het sy BA-graad in ­visuele kuns in 2010 met lof verwerf en het vanjaar sy honneursgraad in visuele ­studies voltooi, ook met lof. Sedert verlede jaar gee hy deeltyds klas in visuele studies aan die US, en is hy ook ’n gasdosent by die Akademie vir Ontwerp en Fotografie. Read Source here




SA ARTLIFE | ARTTIMES TV | SA ART INFO DIRECTORY | ARCHIVES: / 06 / 07 / 08 / 09 / 10 / 11 / 12 | PAST PICS OF THE DAY  
Opinions and views published on this site (incl. PR) do not necessary represent the official viewpoint of the editor or staff.

© The South African Art Times is a member of the Global Art Information Group 1999-2013